<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Mogol Rugby is kampioene!

 
Sport : 20 Jul 2017 1144 Viewed By Press Release 0

LEPHALALE - Verlede Vrydag, 14 Julie, was dit die Waterberg Reserwe liga se finaal en Mogol Rugby Club loop weg met 'n 58-10 oorwinning teen Nylstroom Rugby Club op Hoërskool Ellisras se velde.

Die span lys het soos volg gelyk: Dandre Grobler(1), JP Fereira(2), Nico Fourie(3), Albert Maritz(4), Jean Fraser(5), Bertus van der Merwe(6), Kabelo Ndoweni(7), Nils Meiring(8), Cameron Potgieter(9), Jaco Louw(10), Heinri Markgraaf(11), Jean Myburg(12), Jack Lamola(13), Cristiaan Ras(14), Albert Schoeman(15), Reinhard van Greunen(16), Kenninth Modimola(17), Corne van Zyl (18), Ruan de Jager (19), Dandre Bosse (20), Stephen Shepherd (21) en Berne Mitton (22).  Met Freddie Welman en Arnold Basson as afrigters.

"Moet nie dat die telling julle mislei nie," sê Recha Welman van Mogol Rugbyklub, "Nylstroom was waardige oponente, maar Mogol se verdediging was briljant!"

"Mogol het uitstekende hardloop rugby gespeel en die hele wedstryd by die spel patroon gehou. Die skare is behoorlik vermaak met Mogol se aangee, uitmintende duikslae en vinnige voete."

Die span het vir Freddie Welman (afrigter) as speler van die wedstryd benoem. Daar is nege drieë gedruk deur Mogol in hierdie finaal. Albert Maritz (4), Nils Meiring (8), Jaco Louw (10), Heinri Markgraaf (11), Jean Myburgh (12), Jack Lamola (13), Christiaan Ras (14), Albert Schoeman (15) en Ruan de Jager (19) was ons punte makers. 

Spesiale dank aan die mediese personeel wat hulle puik van hulle taak gekwyt het (Nick du Toit en Gerhard Joubert).

Die klub bedank graag Hoërskool Ellisras en al die ondersteuners wat hul so lojaal ondersteun het hierdie jaar.

Daar is besonderse dank aan al die borge vir die jaar en spesifiek vir hierdie finaal - Kill a bug, Cell C, Lowveld bus services, Oasis water en NG verkoeling. Mopani bande het ook betrokke geraak by Mogol rugby en Johnsons crane hire het vir die span sakke geborg, BG’s Biltong het aan die speler van die wedstryd sowel as Ondersteuner van die wedstryd pryse gegee.

"Ons sien baie uit na volgede jaar en hoop van harte dat ons borge nog ‘n jaar saam met ons die pad sal stap," sê Recha.

Die rugby  is nie klaar vir die jaar nie en Mogol Rugby nooi nuwe spelers sowel as nuwe borge om betrokke te raak. Hulle beplan om nog 7’s te speel en ook om ‘n “touch rugby” toernooi in Ellisras te hou waar hulle hoop om ‘n hele paar maatskappye te he wat spanne in skryf.

Kontak hulle gerus op hul Facebook blad “mogol rugby” of stuur email aan welmanrecha@gmail.com vir inligting.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube