<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

SA’s wink vir MGA gimnaste

 

Jan van der Baan, Ruan Goosen en Melody Raats is opgeneem in die Limpopo Span. By hulle is afrigters Richard Marshall en Merene Van Zyl,

Sport : 20 Sep 2017 1139 Viewed By Press Release 0

MOKOPANE – Drie senior gimnaste van Marshall Gimnastiek Akademie (MGA) het gekwalifiseer om in October aan die SA Gym Games deel te neem as deel van die Limpopo artistiese gimnastiek span. Melody Raats, Ruan Goosen en Jan van der Baan het 15 en 16 September aan die Limpopo Artistiese gimnastiek kompetisie by die Matsportsentrum in Eldoraigne Park, Centurion deelgeneem.

Melody Raats (14), ’n leerder by Mokopane Destiny Academy, het eerste plek verower as die beste vlak 5 gimnas in haar ouderdomsgroep en het goue medaljes losgeslaan vir spronge, balk en brug. Sy het ‘n brons medalje gekry vir haar vloer roetine. 

Ruan Goosen (13), ook verbonde aan Mokopane Destiny Academy, het ‘n silwermedalje ingepalm vir sy spronge en algeheel agtste geëindig in sy ouderdomsgroep.

Jan van Baan (12), ‘n Laerskool Krugerpark leerder, het ‘n silwermedalje ontvang vir sy spronge, ‘n brons medalje vir sy brug en rekstok roetines. Hy het algeheel vyfde geëindig in sy ouderdomsgroep.

“Ons is baie trots op hierdie gimnaste,” sê Marshall Gimnastiek Akademie hoofafrigter Richard Marshall. “Heelwat nuwe gimnaste het in 2017 ingeskryf en dit is goed vir die juniors om te sien wat moontlik is met afrigting en harde werk!”

“Die volgende paar weke gaan ons hard werk aan afronding,” het hy bygevoeg. “Vir ons by MGA gaan gimnastiek nie net oor medaljes nie, maar ook oor sportmangees en die vermoë van gimnaste om hulle eie persoonlike uitslae te verbeter en so hul selfvertroue en waardigheid uit te bou.”

Vir enige navrae oor MGA of om te reël vir ‘n gratis klas, kan u Merene skakel by 079 217 8410.

 

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube