Pik en Proe in Swart en Wit

From: 02 November 2018 at 18:00 PM

Until: 02 November 2018 at 23:00 PM

Location: Louis Trichardt

Details:

Een van die gewildste geleent­hede op Louis Trichardt se sosiale kalender, die pik-en-proe-aand van die Gereformeerde Kerk, vind op Vrydagaand, 2 November, plaas.
Dit sal in die Fransie Vermaaksaal by die Gereformeerde Kerk gehou word. Vanjaar se kleurskema is wit en swart en die tema is pik-n-wyn. Volgens die organiseerders is daar genoeg op te “pik” tydens die aand, terwyl die publiek welkom is om iets vir die droë kele saam te bring.
Van die voorgeregte tydens die geleentheid is onder andere “oepsies”, gegeurde hoendervler­kies en hoenderlewertjies, terwyl die hoofgereg wildpastei, bobotie, hoenderpastei en gerookte bosvark insluit. Van die bykosse op die spyskaart is aartappelslaai met ‘n kinkel, pampoenkoekies en geelrys met rosyne, terwyl die nagereg uit melktertjies, malvapoeding, sjokolade mousse en roomys met sjokoladesous sal bestaan.
Die toegang is R150 vir volwassenes, R100 vir hoërskoolkinders en R80 vir laerskoolkinders.
 

Contact Person: Nanette

Tel: 084 304 4764


 
 
 

Digital Publication

 
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube