February 2021 | |
![]() |
SPCA GOLF DAY
Where: Soutpansberg golf club
Start: 27 Feb
|
From: 30 May 2020
Until: 30 May 2020 at 08:00 AM
Location: Ons Tuiste Ouetehuis
Ons Tuiste Ouetehuis in Louis Trichardt gaan vanaf 08:00 op 30 Mei vanjaar weer lekker feesvier met die hou van hulle Groot Makietie Basaar.
Al die bedrywighede vind plaas in die parkeerarea voor die woonstelle. Daar sal weer heelwat wees om van te kies en keur, insluitend heerlike pannekoek (op die voorstoep), tuisgemaakte konfyt, russian-en-tjips, kerrie-en-rys, groente en vrugte, koeksisters, koeke, terte en ander gebak, asook nuttige handwerk. “Koop ‘n pannekoek en kry ‘n koppie koffie of tee gratis,” nooi die tehuis.
Ter voorbereiding van die basaar benodig die tehuis mense wat kan help met breiwerk (wol sal voorsien word), asook boere wat dalk vrugte en groente kan voorsien. Vir meer inligting hieroor, skakel Catò by tel. 015 516 0997.
Contact Person: Catò
Tel: 015 516 0997