<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

“Plaaspadlangs”

 
Galleries : 24 May 2016 169 Viewed By Press Release 0
MOKOPANE - Die AP Kerk op die hoek van Pretorius- en JG Strydomstraat, hou  volgende Saterdag (28 Mei) weer Boere Basaar vanaf 08:00.
Hierdie basaar word elke jaar gekenmerk deur die besonderse gehalte van vleis wat insluit bees, vark, skaap en wild. Verlede jaar is die vleis verkoop teen die pryse van 2013 se basaar. Daarom het die organiseerders hierdie jaar weer besluit om nie die pryse aan te pas nie en kan u dus vleis kom koop teen dieselfde pryse as in 2013! Daar word genoeg voorsiening gemaak en hierdie jaar is daar ‘n totaal van 11 beeste geslag.
Kom koop vir jou bees- of wildsbiltong wat klaar gesout is wat jy self kan droog maak by die huis. Vir die mense wat in die verlede wildspasteie gekoop het, ons maak seker dat daar hierdie jaar genoeg gaan wees. Ons het kredietkaart fasiliteite beskikbaar vir diegene wat nie vooraf in ‘n ry by die kitsbank wil gaan staan nie.
Plaasvars groente en vrugte direk van die plaas gaan in oorvloed wees. Kinders kan kom deel in die pret en die lekkerste tuisgemaakte lekkers en snoeperye koop. Kinders kan gratis te kom kyk na ‘n vertoning van Experilab waar skouspelagtige wetenskaplike eksperimente gedoen gaan word. Kom stel jou skietvermoë op die proef by die skyfskietkompetisie. Die wenner loop weg met ‘n splinternuwe windgeweer geborg deur Arms en Ammo.
Die dames werk al heel jaar aan keurige handwerk artikels. Tweedehandse boeke, CD’s en DVD’s gaan ook te koop aangebied word. Reg deur die dag is daar heerlike kos te koop soos Pap en Kaiings, Sosaties, Pannekoek, Hamburgers en Boerewors rolletjies. Wat is ‘n basaar sonder ‘n poedingtafel? En as jy net wil ontspan, kom geniet ‘n koppie boeretroos in die teetuin.
Vrydag word pannekoeke reeds gebak en by verskeie besighede en skole in die dorp afgelewer.
Kom deel gerus in die dag en volg ons “plaaspadlangs”. Vir enige navrae skakel gerus die Kerkkantoor by 015 491 7016.
 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube