<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

AANLYN-ONDERRIG NOU BESKIKBAAR IN MOKOPANE

 
News : 11 Jun 2020 919 Viewed By Press Release 0
Impaq is ‘n goed nagevorste tuisonderrig-sisteem wat gebaseer is op die CAPS kurrikulum vir graad R – 9. Dit word in Engels en Afrikaans aangebied.
“Die COVID-19 pandemie beklemtoon die belangrikheid van tegnologie in ‘n voortdurend-veranderende wêreld waar ons amper daagliks iets nuuts moet leer,” sê Revision direkteur en opvoedkundige konsultant, Elaine Jansen van Rensburg.
“Impaq voldoen aan dié vereistes asook aan die van die Suid-Afrikaanse onderwysowerhede. Dit skep ‘n veilige platform vir kinders om holisties te groei en, bo en behalwe die normale kurrikkulum, ook hulle vaardighede in vakke soos kodiëring, kuns en ontwerp uit te brei,” verduidelik sy.
Sy beklemtoon ook die feit dat tegnologie en goeie rekenaarvaardighede noodsaaklik is vir werkverrigting in die toekoms en dus ‘n integrale deel vorm van hul benadering by Revision Leersentrum.
Om intensiewe aandag aan elke leerder te waarborg, is daar tans slegs plek vir 30 kinders. Om leerders se veiligheid gedurende die COVID-19 pandemie te verseker, gaan daar ‘n kombinasie van klaskamer onderrig en aanlyn leergeleenthede wees.
Hulle droom is om Revision Leersentrum in ‘n internasionale, geïntegreerde een-stop leer en onderwysondersteuningsplatform te omskep, waar leerders van alle ouderdomme hulle volle potensiaal kan ontgin om sodoende sukses in die 21ste eeu te verseker.
Die Revision Leersentrumspan wil graag ouers en kinders daadwerklik ondersteun, veral gedurende die COVID-19 uitdagings. Vir meer inligting, kontak hul by 015 491 8225 of stuur ‘n epos na md@compassacademy.co.za.
 
Meer oor Revision Leersentrum
Compass Academy of Learning (CAL) fokus op die behoeftes van elke student. Gesamentlik het die span al meer as 100 jaar se ervaring in die onderwys. CAL is aanvanklik deur Minda Marshall en Elaine Jansen van Rensburg gestig om opleidingsgeleenthede vir naskoolsestudente in die platteland te skep. Kleuterskoolonderwys is veral ‘n gewilde keuse, en tans vind meer as 600 studente landswyd hierby baat. Revision Leersentrum, ‘n leerondersteuningsafdeling van CAL, is in 2019 gestig. Visuele intelligensie (EYEBrain Gym), kodiëring en studieondersteuningsmiddels is van die aspekte wat reeds beskikbaar is.
 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube