<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Kan jy snoek braai en lekker meltert bak?

 
Galleries : 07 Sep 2016 649 Viewed By Press Release 0

24 September is Nasionale Braaidag.
Diep in die Bosveld ken almal hoe om die lekkerste braai te hou. Daardie perfekte tjoppie op die kole met 'n koue drankie e...n die lekkerste bykos diskant die Sahara. Nou wil ons vra dat die Bosveld se mense hul vernuf kom toon en die beste stukkie snoek kom braai en die kusmense 'n ding of twee kom wys.

Daar is ook natuurlik die lekkerste melktert wat as nagereg geëet moet word en dit is hoekom die melktert kompetisie ook deel is van hierdie dag. Kom en wees deel en wys ons ons u vernuf met die bak van die beste melktert en die beste stukkie snoek. Ons voorsien u van 2L melk al die dag van te vore. Ons gee ook die snoek en die kole. Slegs R20 vir die Melktert kompetisie en R250 vir die snoekbraai kompetisie. Baie pryse op die spel. Ocean Basket Mokopane gaan hierdie dag vir u beskikbaar maak en besprekings kan gedoen word by polokwanenorth@gmail.com of u kan Gerhard kontak op 076 1848 726.
Wie gaan die snoekbraai koning wees, wie gaan die bakster te baksters wees? Ocean Basket Mokopane sien uit na u teenwoordigheid.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube