<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Maak ‘n verskil hierdie Kersfees

 

Die NG kerk Ellisras Wes en Graphica Printing beplan om Kerspakkies te skenk vir 12 meisies by Abraham Kriel kinderhuis wie hulle help met hul daaglikse benodighede.

Galleries : 11 Nov 2016 712 Viewed By Amanda Basson 0

Die NG kerk Ellisras Wes en Graphica Printing beplan om Kerspakkies te skenk vir 12 meisies by Abraham Kriel kinderhuis wie hulle help met hul daaglikse benodighede.

Die kerk het vroeër hierdie jaar ‘n baie suksesvolle kaas- en wyn aand by die Mogolklub aangebied waar fondse ingesamel is om winterklere en ander benodighede vir die meisies te koop en wil graag ook oor die Kersseisoen ‘n verskil in die kinders se lewens maak. Die pakkies sal bestaan uit skryfbehoeftes wat die kinders volgende jaar vir skool moet gebruik en ook ‘n paar kuns goedjies waarmee die meisies hulself kan besig hou.

Indien enigiemand belangstel om ‘n bydrae te maak of betrokke wil raak by die projek kan hulle vir Lizette Perrier skakel by 082 857 3559.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube