<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Ouetehuis bied Kersprogram aan

 

MOKOPANE - Die Potgietersrus Monument Ouetehuis is opgewonde oor wat Kersfees inhou en nooi die dorp om die tehuis gedurende die eerste week van Desember te besoek vir ‘n propvol Kersprogram.

Galleries : 25 Nov 2016 743 Viewed By Press Release 0

Die Potgietersrus Monument Ouetehuis is opgewonde oor wat Kersfees inhou en nooi die dorp om die tehuis gedurende die eerste week van Desember te besoek vir ‘n propvol Kersprogram.

Die ouetehuis se bestuurder, Marianna van Tonder, sê inwoners moet dit nie misloop nie. “Kom kyk hoe val sneeu in Potties, Kersvader het ook 'n rooi posbus gebring vir almal se Kerswense en ons het ‘n 6m hoë Kersboom en sowat 8km liggies in alle kleure en vorms - sneeumanne, tiental Kersvaders, sterre, en nog vele meer.”

Die Kersprogram verloop soos volg:

Op 1 Desember om 16:00 tot 20:30 word ‘n Kersmark by die ouetehuis gehou. Om 18:30 is gaskunstenaar Hennie Swanepoel van Melkbosstrand gereed om in die Markiestent op die terrein op te tree. Kaartjies beloop R10 per persoon en is by die kantoor beskikbaar. Om 20:00 die liggies aangeskakel.

Besoekers word herinner dat ‘n hekfooi van R10 vanaf 17:00 gehef word vir almal wat nie op die terrein woon nie.

“’n Sekondêre doel van die Liggiefees is ook om fondse vir die tehuis / aftree-oord in te samel,” sê Van Tonder.

Op 2 Desember vanaf 17:00 is die toegang fooi R5 (laerskoolkinders gratis). 'n Vetkoekhamburger vir R20 kan vooraf by die kantoor bestel word en sal beskikbaar wees vanaf 17:00 tot 18:30. Om 18:30 gaan Kersliedere gesing word onder begeleiding van trompetspeler Pieter- Willem en ds Hennie Nel.

Op 3 Desember om 18:30 kan besoekers luister na Kersfees klokkespel met Gottfried Schiele. ‘n Fondue ete is ingesluit. Kaartjies is R100 per persoon en kan by die kantoor bespreek word.

Op 6 Desember word ‘n Kersete vir almal op die terrein voorberei.

Op 7 Desember gaan gaskunstenaar Barend Deysel sing tussen die Kersliggies op die ouetehuis se stoep. Koste is R40 per persoon en sluit pizza in.

Besoekers is welkom om wyn saam te bring.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube