<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Sakemanne ontferm hul oor bejaardes

 

Freddy Hawkins van Tradepost en Frans Grobbelaar van One Stop Body Shop by een van die tafels waar gesellig verkeer word tydens ’n Kersete wat hulle moontlik gemaak het vir bejaardes van die dorp.

Galleries : 05 Dec 2016 959 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE – Twee sakemanne van die dorp het hulleself oor die bejaardes in die dorp ontferm en uit hul eie sak die ouer garde met ’n spoggerige Kersete bederf.

 Die ete is in November by die Geloftefees terrein gehou vir bejaardes van Soetdoring, Herfsland en van die Piet Potgieter Monument Ouetehuis.

’n Spanpoging tussen Freddy Hawkins van Tradepost en Frans Grobbelaar van One Stop Body Shop met die ondersteuning van Pieter Vogel van Chops en Chives en ander vrywilligers het die harte behoorlik verbly met ’n spesiale smullekker Kersete uit die boonste rakke.

Hawkins en Grobbelaar sê dit was al ’n geruime tyd hulle droom om uit te reik na die dorp se goue oues en indien alles goed verloop sal dit ’n jaarlikse instelling word as deel van hulle verantwoordelikheid teenoor die gemeenskap.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube