<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Blydskap beker loop oor na hulp

 

Hester Nieman, NKP provinsiale liga leier, Heilette Kapp en Valerie Byliefeldt.

Galleries : 08 Dec 2016 13733 Viewed By Martie Le Grange 0
MOKOPANE – Carla Viktor, Miss Earth 2015, het Heilette Kapp (75), ’n inwoner van Herfsland woonstelle skriftelik bedank vir haar werk en inisiatief met die skep en instandhouding van ’n pragtuin van 2 500m² by Herfsland op eie onkoste.
“Die tuin is my hart se punt,” sê Kapp. Sy het gekies om vetplante te plant vir minimum onderhoud en water. Die aller mooiste potte en ander dekor pronk ook in die tuin. Kapp het van die plante present gekry en die res, insluitend die water, vir die tuin is op haar eie rekening.
Valerie Byliefeldt, die Nasionale Konserwatiewe Party (NKP) provinsiale leier, het dié bejaarde amper in trane gehad van blydskap toe die party aanbied om haar waterrekening vir November en die volgende 12 maande te betaal. Hulle gaan ook die tuin vir haar onderhou. “Die tuin is tot voordeel van al die inwoners en alhoewel mede- inwoners graag ’n bydrae wil maak is dit nie vir hulle finansieel moontlik nie. Ons verstaan dit,” sê Byliefeldt.
Kapp dra weekliks tot 40 emmers water aan van haar woonstel om plante nat te gooi, maar gee nie om nie, want sy wou graag die tuin hê. Sy hoop om ’n grasperk tussen blomme te plant om die stof te verminder.
Byliefeldt sê dat die NKP ook  gaan toesien dat Herfsland ’n behoorlike draad en hek kry om veiligheid op te skerp.
 
 

 

 
 

MOKOPANE – Carla Viktor, Miss Earth 2015, het Heilette Kapp (75), ’n inwoner van Herfsland woonstelle skriftelik bedank vir haar werk en inisiatief met die skep en instandhouding van ’n pragtuin van 2 500m² by Herfsland op eie onkoste.​

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube