<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Digbundel uit Sophia se hart

 

Sophia Lessing van Sterkwater buite Mokopane wat op 52 haar eerste digbundel Al-Alfabet bekendgestel het.

Galleries : 19 Dec 2016 1428 Viewed By Martie Le Grange 0

MOKOPANE – “Ek is maar net die hand wat die pen vashou.” So sê Sophia Lessing van Sterkwater buite Mokopane wat op 52 haar eerste digbundel Al-Alfabet bekendgestel het.
Sophia was van kleintyd af ’n boekwurm en deur te lees kon sy haarself na ’n ander wêreld “verplaas”. Sy het op 16 versies geskryf, maar in die geheim en eers in haar laat 40’s het sy van haar werk in saamstelbundels gepubliseer.
Haar debuutbundel, wat sy skaars ’n week gelede ontvang het, is vir haar ’n groot droom wat bewaarheid is. Sy ontvang veral inspirasie uit die natuur, maar ervaar dat die meeste van haar skrywes deur haar Skepper self aan haar gegee word. Op aarde is daar niks wat Sophia vir terughou om aan God gehoorsaam te wees en terselfdertyd haar passie uit te leef nie. Sy glo God het haar 10 jaar gelede opdrag gegee om te skryf en nou gaan sy voluit.
“My werk weerspieël dinge wat ek fisies ervaar en is nie sommer net iets wat ek uitdink nie,” sê sy. Die gedugte skrywer Deon Meyer het een aand by ’n samekoms waar sy gesit en stories vertel het, vir haar gesê sy het groot potensiaal.
Al-Alfabet bestaan grotendeels uit gedigte (emosionele-, geestelike-, natuur- en liefdesgedigte) maar bevat ook humoristiese verhale sedert 2014.
 “Dit was vir my heerlik om met jou teks te werk Sophia. Die skitter van Afrikaans wanneer dit kronkelpad loop en sterre opdiep uit stof.... Dankie dat jy my leer van die diepte van voel,” skryf Sophia se uitgewer, Myra Lochner oor haar manuskrip.
Sophia beplan om in Januarie volgende jaar haar bundel bekend te stel en is baie opgewonde daaroor.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube