Die Direksie van Residentia, wat binne ‘n bejaardesorg omgewing funksioneer, nooi hiermee toepaslike gekwalifiseerde/ervare persone om aansoek te doen vir die pos van:
PROFESSIONELE VERPLEEGKUNDIGE (RESIDENTIA WATERBERG)
Posvereistes:
Die suksesvolle kandidaat moet oor die volgende beskik:
• Moet geregistreer wees as ‘n Professionele Verpleegkundige by die Suid Afrikaanse Verpleegstersraad (“SANC”).
• Minstens 1 jaar ondervinding.
• Kennis van toepaslike wetgewing insluitende wetgewing oor bejaardesorg.
• Tweetalig – Afrikaans en Engels (geskrewe en gesproke).
• Moet beskik oor ‘n geldige bestuurslisensie.
• Ervaring van implementering, instandhouding en verbetering van sisteme en prosedures.
• Goeie geskrewe en gesproke interpersoonlike en kommunikasie vaardighede en mense verhoudinge.
• Goeie oordeel en die vermoë om konfidensieel op te tree.
• Goeie leierseienskappe en bestuursvaardighede.
• Rekenaarvaardig (MS Excell, MS Word, Power Point)
• Goeie organisasie en tydsbeplannings vermoëns.
• Gesonde respek vir veelsydigheid en ‘n sensitiwiteit vir ander kulture.
• ʼn Voorliefde vir bejaardesorg.
Verantwoordelikhede:
Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir inter alia die volgende:
• In bevel staan van die versorgings sale.
• Indiensopleiding van personeel in ooreenstemming met die strategie van Residentia.
• Beheer van medikasie.
• Skakeling met familie van inwoners en eksterne mediese diensverskaffers.
• Die aanspreek van inwoner probleme en klagtes.
• Personeelbestuur.
• Opvolgbeplanning.
• Palliatiewe sorg.
• Alzheimer en dementia sorg.
• Algemene kantoor administrasie.
Residentia bied ʼn onderhandelbare vergoedingspakket wat maatskappyvoordele insluit.
Stuur u CV vir aandag Dianri Pretorius na die volgende e-pos adres: dianri@residentia.co.za
Die sluitingsdatum is 12 Mei 2017. (Indien u nie binne 30 dae na sluiting ʼn antwoord ontvang het nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. Residentia behou die reg voor om nie ʼn aanstelling in die pos, soos geadverteer, te maak nie.
0 Comments