<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Wat gebeur by die Bosveldfees?

 
Lifestyle/Leefstyl : 23 Jun 2017 415 Viewed By Helena Raats 0

LEPHALALE – Die Bosveldfees is bekend vir goeie sangers, kosstalletjies, potjiekos en vele meer. Wie tree op? Wat kos dit? Noordelike Nuus het by die feeskomitee gaan aanklop vir inligting.

Wanneer is die Bosveldfees?

Vanaf 13 – 15 Julie 2017 by die Mogolklubgronde. Die fees is hierdie jaar net drie dae en nie vier soos vorige jare nie.

Wat is die toegangsfooie?

Die toegang is R80 per volwassene en hoërskoolkinder. Laerskool kinders en jonger is R40. Voorskoolse kindertjies kan gratis ingaan.

Wie tree hierdie jaar op?

Hierdie jaar tree Prime Circle, The Dixie Hillbillies, Jo Black, Marula Boom en Gary Forwood op. ‘n Paar nuwe en opkomende sangers sal ook optree.

Jo Black en The Dixie Hillbillies tree 13 Julie vanaf 18h00 op en Prime Circle sal 14 Julie om 20:00 optree.

Watter kompetisies is daar?

Hierdie jaar is al die gewone kompetisies weer aan die gang. Inskryfvorms kan op die Bosveldfees se Facebook-blad gevind word.

Kompetisies sluit in die potjiekos, 4x4, hondeskou, Tour de Bos, Mej en Mnr Tiener, Baba-, Bulletjie en Blommetjie kompetisies in. Mej Bosveldfees se finaliste is reeds aangewys en kan op die ‘Official Mej Bosveldfees’ Facebook-blad gesien word.

Wat is nuut by hierdie jaar se Bosveldfees?

Die Tour de Bos het ‘n nuwe roete (60km en 30km) en daar is ook ‘n R10 000 KTM fiets van Cycle Lab Lynnwood op die spel.

Die Trail Bike skouspel is op 15 Julie gaan indrukwekkend wees en die ‘Skydiving’ en valskermspan gaan ook hul slag wys. Vetus Schola gaan ook op 15 Julie om 12:00 ‘n honde demonstrasie aanbied.

Enige verdere inligting en inskrywingsvorms is op die Bosveldfees Ellisras se Facebook-blad beskikbaar. Skakel gerus vir Dolla by 082 501 1278 vir meer inligting of sien aangeheg die nommers vir al die afdelings.

 

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube