<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Geleentheid beskikbaar vir kontrakteur

 
Lifestyle/Leefstyl : 24 Aug 2017 311 Viewed 0

Solidariteit Helpende Hand gaan  n skenkingswinkel oopmaak in JOU gemeenskap en ons soek n kontrakteur.

n Skenkingswinkel ontvang skenkings van die publiek en verkoop dit. Die wins finansier die kontrakteur se vergoeding en befonds studiebeurse.

Daar is tans ʼn geleentheid vir ʼn kontrakteur in Ellisras.Die kontrakteur moet verantwoordelikheid aanvaar vir die dag-tot-dag-bedryf van die skenkingswinkel soortgelyk aan die verantwoordelikhede van ʼn normale besigheidseienaar of konsessiehouer.

Jy is ideaal vir die posisie indien jy die volgende het: 

MS Office-vaardighede, ʼn bestuurslisensie, ’n eie voertuig en ʼn matrieksertifikaat. ʼn Naskoolse kwalifikasie in finansies of besigheidadministrasie sal tot jou voordeel strek.

Die volgende vaardighede sal in jou guns tel: Ervaring as besigheidsbestuurder / eienaar; ’n matrieksertifikaat; ’n tersiêre kwalifikasie in finansies of besigheidsadministrasie asook kennis van personeelaangeleenthede.

 Is dit jy? Stuur jou CV aan Medee by e-pos medee@helpendehand.co.za voor of op 31 Augustus 2017.

 

 

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube