<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Pos beskikbaar: Professionele Verpleegkundige

 
Lifestyle/Leefstyl : 02 Aug 2018 763 Viewed By Press Release 0

Residentia, 'n Christelike diensorganisasie met landswye skemas, wat omsien na die belange en versorging van ouer persone nooi ervare en gemotiveerde kandidate, wat aan die onderstaande vereistes voldoen, om aansoek te doen vir die uitdagende posisie van:

PROFESSIONELE VERPLEEGUNDIGE (RESIDENTIA WATERBERG (MODIMOLLE))

Hierdie is ‘n opvolg posisie vir die rol van Versorgingsdiensbestuurder wat in Maart 2019 vakant word.

1.     POSVEREISTES

 

Die suksesvolle kandidaat moet oor inter alia die volgende beskik:

 

·        Moet geregistreer wees as ‘n Professionele Verpleegkundige by die Suid Afrikaanse Raad van Verpleging (“SANC”).

·        Minstens 3 jaar ondervinding in bejaardesorg.

·        Kennis van toepaslike wetgewing insluitende wetgewing oor bejaardesorg en die Wet op Medisyne.

·        Tweetalig – Afrikaans en Engels (geskrewe en gesproke).

·        Moet beskik oor ‘n geldige bestuurslisensie.

·        Ervaring van implementering, instandhouding en verbetering van sisteme en prosedures.

·        Goeie geskrewe en gesproke interpersoonlike en kommunikasie vaardighede en mense verhoudinge.

·        Goeie oordeel en die vermoë om konfidensieel op te tree.

·        Eie insisiatief kan neem tot voordeel van die bejaarde inwoners en personeel

·        Goeie leierseienskappe en bestuursvaardighede.

·        Rekenaarvaardig (MS Excell, MS Word, Power Point)

·        Goeie organisasie en tydsbeplannings vermoëns.

·        Gesonde respek vir veelsydigheid en ‘n sensitiwiteit vir ander kulture.

·        ʼn Strewe om hoë versorgingstandaarde te handhaaf.

 

2.     VERANTWOORDELIKHEDE

 

Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir inter alia die volgende:

 

·        In bevel staan van die binne versorging sowel as tuissorg.

·        Evaluasie en her-evaluasie van nuwe en bestaande inwoners.

·        Indiensopleiding van personeel in ooreenstemming met die strategie van Residentia.

·        Beheer van medikasie.

·        Skakeling met familie van inwoners en eksterne mediese diensverskaffers.

·        Die aanspreek van inwoner probleme en klagtes.

·        Die aanspreek van personeel probleme en klagtes

·        Personeelbestuur.

·        Motivering en hulp vir geregistreerde versorgingspersoneel tov CPD Punte.

·        Opvolgbeplanning.

·        Toepassing van persoongerigte sorg en palliatiewe sorg.

·        Alzheimer’s en dementia sorg.

·        Algemene kantoor administrasie.

·        Effektiewe inter-departementele kommunikasie.

·        Bywoning van nodige vergaderings en opleiding in belang van beide die inwoners en die personeel.  

 

Residentia bied ʼn onderhandelbare vergoedingspakket wat maatskappyvoordele insluit.

 

Stuur u CV aan Andries Visagie per e-pos na andries@residentia.co.za en dui in u aansoek aan vir watter pos u aansoek doen. Die sluitingsdatum is 31 Augustus 2018. Indien u nie binne 30 dae na sluiting ʼn antwoord ontvang het nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

                                 

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube