<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Makro Polokwane maak hart oop

 
Noordelike Nuus redakteur Jasper Raats, Makro Polokwane bemarkingsbestuurder André Pretorius en Estelle Diederichs van Kansa Mokopane. Noordelike Nuus het 'n verdere R900 bygedra names die adverteerders wat die Loop vir Hoop-blad ondersteun het.
News : 25 Nov 2011 284 Viewed By Jasper Raats 0

Makro Polokwane het Maandag gewys hierdie winkel het ‘n oop hand vir die gemeenskappe waarin hy sake doen toe die winkelbestuur aan die welsynsgaste van vyf media organisasies waaronder Noordelike Nuus geskenkbewyse van R5000 ter welwillendheid geskenk het.
Vir Estelle Diederichs van Kansa Mokopane was hierdie inkopiedag die geleentheid om broodnodige kantoortoerusting vir die plaaslike Kansa-tak aan te koop. Onder andere spog die kantoor nou met ‘n nuwe drukker/fotostaatmasjien, ‘n projekter vir Powerpoint-aanbiedinge en ‘n digitale kamera om al hul harde werk in piksels vas te vang. (Al wat nog kortkom is 'n skootrekenaar!)
Ander media groepe wat elk ‘n welsynsorganisasie na die inkopiedag gebring het was, Jacaranda FM, Capricorn FM, Noordelike Media en die Polokwane Observer.
“Dit is ons manier om terug te gee aan die gemeenskappe wat ons oor die afgelope maande sedert ons opening in September so goed ondersteun het,” het Makro Polokwane bestuurder, André Pretorius, tydens die verwelkoming van die welsynsorganisasies gesê.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube