-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE - Die organiseerders van die Brille, Pille en Wielefees het onlangs bymekaar gekom om die hoof borge van die dag te bedank vir hul onbaatsugtige bydraes. Mariana van Tonder van die Piet Potgieter Monument Tehuis sê daar is deur hierdie inisiatief R93 000,00 vir die tehuis ingesamel hierdie jaar.
“Dit help verskriklik baie want ons het hierdie geld broodnodig om vir ons inwoners optimale sorg te kan bied,” het sy gesê.
Baie van die tehuis se inwoners is op staatspensioene aangewese en kan dus nie bekostig om daar te woon en versorg te word as hulle nie op een of ander manier geborg word nie. Die grootste gedeelte van die fondse wat hierdie jaar deur die Brille, Pille en Wielefees ingesamel is, gaan gebruik word om medikasie en doeke aan te koop.
0 Comments