<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

(Kleiner) mall weer op dreef

 
News : 15 Dec 2011 472 Viewed By Valerie Cilliers 0

LEPHALALE - Die streekswinkelsentrum wat hierdie jaar in Onverwacht, Lephalale, gebou sou word is na ‘n lang oponthoud weer in die lewe geroep. Henry Bendeman van Uniqon Wonings, een van die aandeelhouers saam met die Moolman Groep en Flanagan & Gerard, het hierdie week aan Noordelike Nuus gesê dat die hoofkontrakteur, Wilson Bayly Holmes, 16 Januarie 2012 op die perseel sal begin.
Die winkelsentrum wat op die hoek van Nelson Mandela en Chris Hani-rylaan gebou word se eerste fase sal 13 000m2 wees, aansienlik kleiner as die 32 000m2 ('n R600-miljoen projek) wat aanvanklik beplan is.
Checkers en Game het reeds as anker huurders geteken en Bendeman sê daar word steeds met banke onderhandel. “Ek dink die banke besef dat Lephalale dringend meer bankgeriewe benodig, maar ons het nog niks op papier nie.”
Bendeman wou hom nie verder uitlaat oor ander moontlike huurders nie, maar in Mei hierdie jaar het die moontlike lys soos volg gelyk: Game, Checkers, Checkers Liquor, UFO, PEP, Kurt Geiger, Spur, Pick and Pay Clothing, Standard Bank, Capitec, Ou Mutual Bank, Vodacom, Glomail, King Pie, Debonairs en Identity.
Volgens Bendeman sal ‘n volledige lys van huurders in Januarie beskikbaar wees en behoort die winkelsentrum in Oktober 2012 sy deure vir die publiek  oop te maak.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube