<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

EHS matrieks maak opslae

 
Wikus saam met pa en onderwyser, Willie Grobler.
News : 12 Jan 2012 338 Viewed 0

LEPHALALE - Groot feeste oor suksesvolle uitslae het Woensdagaand 4 Januarie 2012 al begin en is Donderdag by EHS voortgesit toe die wonderlike nuus met mede matrieks en onderwysers gedeel is! Inderdaad het Aristoteles eeue gelede waar gepraat : Die wortels van opvoeding is bitter, maar die vrugte is soet!
In die Palaladistrik het EHS die meeste matriekvrystellingskandidate met ‘n slaagsyfer van 98.8%. Donderdag het die hoof, Louis Campbell en Wikus Grobler spesiale toekennings in Polokwane ontvang.  Wikus het die hoogste punte in Limpopo vir Elektriese Tegnologie en om alles te kroon, is sy pa sy onderwyser.
Die skool ontvang prestasie trofees vir: Best Performing Bachelor Schools Top 30 (leerders wat met universiteitsvrystelling slaag), Best Performing Schools Top 30, asook Club 50 Results, wat behels dat 50 leerders of meer Wiskunde met 50% of meer slaag.
Wat die onderskeidings aanbetref is Corlia Vermaas EHS se top leerder met 8 onderskeidings met keusevakke soos: Wiskunde, Rekeningkunde, Fisiese Wetenskap, Lewenswetenskap en Gevorderde Wiskunde.
7 Onderskeidings: Wikus Grobler
6 Onderskeidings: Grant Emslie, Nico le Roux en Eumarie Maree.
5 Onderskeidings: Elmien van Staden, Xander Oosthuysen en Jonelle Trichardt.
4 Onderskeidings: Ntabiseng Maesela, Helenè Powell, Bronwyn Marais en Hendrè Human.
3 Onderskeidings: RRA Brits, Tanya Dempers, Deon Hattingh en Danelle van der Merwe.
2 Onderskeidings: Zandi de Lange, Jano de Meyer, Chinique Luus, Anthonie van der Mescht, Coenraad van  Greunen, Rulanda van Wyk en Zoë-Lee Verwey.
Meer as 90% van EHS se leerders kan aan tersiêre instellings gaan studeer. Die skool se 117 matrikulante behaal ‘n gemiddeld van 60.4%. Die hoogste punt in Fisiese Wetenskap behoort aan Xander Oosthuyzen met 95% en ook in Gevorderde Wiskunde 86%! Die beste punt in Wiskunde is Corlia Vermaas met 93%!
Werk mens die top 10 van die skool uit bewys dit interessant genoeg dat leerders wat die meeste onderskeidings behaal het, nie noodwendig die posisies beklee nie.
Corlia Vermaas met ‘n gemiddeld van 89.6%
Wikus Grobler: 88.3%
Grant Emslie: 85.9%
Xander Oosthuysen: 84.9%
Elmien van Staden:  84.4%
Eumarie Maree:  84.1%
Nico le Roux: 84%
Helenè Powell: 83.4
Bronwyn Marais: 80.9
Jonelle Trichardt: 79.1
Van al die vakke presteer RTT die beste met 11 onderskeidings, gevolg deur Afrikaans Huistaal met nege. Kort op hulle hakke is Fisiese Wetenskap en Wiskunde elk met agt onderskeidings. Die Inligtingstegnologie uitslae was ook besonders, uit die ses leerders is vier A’s en twee B’s!

Corlia en Wikus het ‘n paar vrae beantwoord om effe meer van hierdie sterre te wete te kom:
Julle kom al baie jare saam. Was daar strawwe kompetisie tussen julle?
Wikus: Ons is baie goeie vriende en gun mekaar die son. Ek was soms eerste maar as Corlia begin leer het, het sy my verbygesteek.
Corlea: Wikus, Grant en ek het saam grootgeword in die skool. Kompetisie is goed, maar jou toekoms behels baie meer as net jou naam op ‘n bordjie! Die waarde van vriendskap is meer werd as wie eerste is.
Wat is jou geheim van sukses?
Wikus: Harde werk. Leef gebalanseerd, maar behou perspektief. My ouers is goud werd! Onderwysers verskaf struktuur, maar baie hang af van hoe jy as persoon fokus. 
Corlea:  Mens moet deurlopend hard werk, nie net in die eksamens nie. ‘n Ondersteuningsnetwerk help ontsettend. Dis 50% jyself en 50% jou onderwysers. Mevv Eicker, Van Vuuren en Glas was beslis ook deel van my sukses. So by nabaat, my ouers het inderdaad die gene-poel voorsien!
Watter persentasie het jy aan sosiale aktiwiteite afgestaan?
Wikus: Mens moet gebalanseerd lewe. Neem deel aan sport, geniet jou vriende en die skoolaktiwiteite, dit word alles deel van jou herinneringe. Ek het rugby gespeel (nie vir die eerstes nie), maar dit voluit geniet!
Corlea: Ek sou sekerlik ook die top tien sosiale afdeling ook gehaal het! Balans is die antwoord. Sou mens die top tien akademiese leerders onder oë neem, het hulle ook aan skoolaktiwiteite deelgeneem, was van hulle ook die leierskorps en deel van dit wat by die skool gebeur het.
Wat gaan jy 2012 doen?
Wikus: Ek gaan Rekenaars Ingenieurswese by Tuks swot. Tuks of niks!
Corlea:  Ek is gekeur vir medies en gaan ook by die Universiteit van Pretoria studeer.

Die hoof van EHS, Louis Campbell, spreek sy dankbaarheid uit vir die hoogs suksesvolle uitslae. Hy meen leerders het werklik die erns besef en hulle kant gebring. Dit is wonderlik om ‘n nuwe jaar te begin met uitstekende resultate.

 

 

 
 

Corlia Vermaas
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube