-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Isabella Kruger of Pippie, soos die twee-jarige dogtertjie bekend is aan haar familie en vriende, veg steeds dapper waar sy sedert die begin van Januarie in die Garden City Hospitaal in Brixton vir derde graadse brandwonde oor 80% van haar lyfie behandel word.
Noordelike Nuus het verlede week berig dat Isabella erg gebrand het toe ‘n bottel met vuuraansteekmiddel in haar pa se hande ontplof het. Hulle is woonagtig op 'n plaas naby Lephalale.
Haar ma, Anice Kruger vertel dat Isabella steeds kritiek is. “Dokters het Dinsdag gesê dat haar gesiggie erger seergekry het as wat aanvanklik gediagnoseer is. Haar wonde het ook erg begin bloei na die operasie en sy moes baie bloed kry om haar te stabiliseer.”
Teen Woensdagaand het Kruger laat weet dat daar moontlik skade aan haar niere is en dat sy vog terughou. Daar sou Donderdag met dialise begin word om die niere te help. "... my hart is in stukke... Ek weet nie hoe om haar te laat beter voel nie - kan niks vir my pops doen nie. Maar ons sal aanhou bid want net God kan nou help.."
Fondse is gestig om die familie by te staan. Die rekening besonderhede (persoonlik) is:
C.A Kruger
ABSA Bank - Ellisras
Savings Acc: 147 816 9228
of Beauty VLU se trust:
P Ortner
Acc. 00095362018
Branch code 460005
SA POST OFFICE
‘n SMS donasielyn stel ook die publiek in staat om R10 vir die fonds by te dra deur die woord Pippie na 38008 te SMS.
0 Comments