<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Nog operasies vir Mikayla

 
News : 20 Jan 2012 422 Viewed By Helena Raats 0

Goeie nuus is dat Mikayla Robbertse besliste vordering toon en dat haar veloorplantings grootliks sukselvol was. Die vyf-jarige kleinding is Desember deur ‘n Mozambiekse spoegkobra gepik op haar hand en elmboog.
Sy het die laaste paar weke verskeie operasies ondergaan en haar handjie is aan haar lies vasgewerk om weefsel te help genees en bloedsirkulasie aan te moedig . Die handjie sal Maandag tydens nog ‘n operasie losgesny word. “Tot dusver is die dokters baie tevrede met haar vordering en daar is slegs minimale infeksie,” sê haar voog en ouma, Charmain Robbertse.
Hopelik sal Mikayla slegs een of twee operasies moet ondergaan voordat sy binne die volgende maand ontslaan sal kan word. Daarna lê 18-maande se fisioterapie vir haar voor.
“In dié stadium lyk dit of sy dalk haar middelvingertjie gaan behou, maar ons sal oor twee maande kyk hoe die wonde genees het.”
“Ons fokus op die positiewe,” sê Robbertse. “Mikayla is gekies om vir die wêreld te wys hoe groot God se krag is en ons is dankbaarvir God se helende hand, haar vegtersgees en almal wat so hard saamgebid het vir haar."
Charmain bedank almal wat na vore gekom het om die familie te ondersteun en sommer net moed in te praat!

 

Dieselfde omstandighede - verskillende resultate

Die ooreenkoms tussen Joliene en Mikayla se gevalle stem baie ooreen. Beide is in hul bed twee keer deur ‘n Mozambiekse spoegkobra gepik. Beide was binne ‘n halfuur by die hospitaal gewees.
Alhoewel Ellisras Hospitaal nie die presiese hoeveelheid slangteengif wat aan Mikayla gegee is aan Noordelike Nuus kon bevestig nie, het sy volgens haar ouma, Charmain Robbertse, slegs twee ampules (20ml) slangteengif ontvang, terwyl Joeliene 110ml (11 ampules) ontvang het.
Voorsitter van die Transvaal Herpetologiese Vereniging en slangkenner Arno Naudé het weereens aan Noordelike Nuus gesê hy glo dat mediese personeel nie altyd weet hoeveel slangteengif om toe te dien nie. “Agt tot tien ampules (80-100ml) behoort in so ‘n ernstige geval toegedien te word deur ‘n mediese dokter.”
Hy maan mense om nie self slangteengif toe te dien nie, maar dit slegs met behulp van ‘n  dokter te doen aangesien ‘n klein persentasie van die bevolking allergies vir teengif kan wees. “Dokters weet hoe om sulke situasies te hanteer - slagoffers kan sterf indien hul nie die regte behandeling in geval van 'n allergie kry nie.”

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube