-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Mikayla Robbertse (5) maak goeie vordering en sal dalk binne die volgende week huis toe kan gaan. Sy is in Desember twee keer deur ‘n Mozambiekse spoegkobra op die hand en elmboog gepik.
Maandag kon die kleuter haar voog en ouma, Charmain Robbertse, vir die eerste keer in vyf weke ‘n drukkie met altwee armpies gee. Vel is van Mikayla se rug en bobeen geneem en op haar arm en hand oorgeplant waarna haar hand aan haar lies vasgewerk is om weefsel groei te bevorder. Die handjie is Maandag losgesny en die dokters is tevrede met Mikayla se vordering.
Alhoewel daar nog so 18 maande se operasies, physioterapie en mediese behandeling voorlê, sal Mikayla vir eers terug huis toe kan kom na Lephalale toe.
Intussen het Robbertse laat weet dat Murray & Roberts se bestuur aangebied het om Mikayla se nasorg by hul privaatkliniek in Lephalale te behartig.
Tswane Place of Safety, wat die ondersteuningsfonds vir Mikayla administreer het laat weet dat ‘n weldoener die Montana Hospitaal rekening vir Mikayla ten volle betaal het. Die bank besonderhede vir diegene wat wil bydra tot se mediese onkostes is: Kings Grace (
Nedbank Castle Walk (takkode 151745)
Rek nr: 1017496595 (Ref: Kayla Robbertse).
0 Comments