-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
LEPHALALE - Die S-draaie tussen die berge op die R510 (Thabazimbi-pad) het Saterdag 11 Februarie nog lewens geëis met ‘n kop-aan-kop botsing tussen ‘n brandstoftenker en ‘n laebed-swaarladingvoertuig. Een van die voertuie het vermoedelik aan die verkeerde kant van die pad om die draai gegaan.
Volgens die polisie het die brandstoftenker aan die brand geslaan en het daar drie mense in die ongeluk gesterf. Hulle was onherkenbaar verbrand en hul identiteite kon nie bevestig word teen druktyd nie. Vermoedens bestaan dat daar dalk meer as drie mense omgekom het, maar hierdie inligting kon ook nie teen druktyd bevestig word nie.
Slegs een persoon kon vinnig genoeg uit die brandende wrakke kom en was vir geringe beserings behandel.
Die pad was vir ure lank gesluit terwyl die brandweer die vlamme onder beheer gebring het en opruimingswerk aan die gang was. Dit het die res van die naweek geneem om al die wrakstukke te verwyder. Teen Maandagoggend was die pad weer oop vir normale verkeer.
0 Comments