<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Mikayla beleef terugslag

 
News : 13 Mar 2012 294 Viewed By Valerie Cilliers 0

Die feit dat Mikayla Robbertse, die vyfjarige dogterjie wat Desember deur ‘n Mosambiekse spoegkobra gepik is, besonders goed en vinnig herstel het, maak dit vir familie baie moeilik wanneer daar wel tye kom wanneer dit nie so goed met haar gaan nie.
Haar ouma, Charmaine Robbertse, het die week aan Noordelike Nuus gesê dat Mikayla ‘n effense terugslag beleef het. “Sy het baie hoë koors ontwikkel en haar wonde het infeksie opgedoen. Hulle het ons egter gewaarsku dat dit vir die volgende 18 maande kan gebeur dat Mikayla terugslae gaan beleef.”
Goeie nuus is dat haar lewer uiteindelik tekens van herstel toon. “Dit is moeilik om haar vir koors en infeksie te behandel omdat haar lewer nie die medikasie goed hanteer nie. Die feit dat daar ‘n verbetering is gee ons egter goeie hoop.”

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube