<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Kansa shavethon ‘n groot sukses!

 
Round Table het Saterdag aan die CANSA Shavathon deelgeneem by Mokopane Mall, alles ten bate van kanker en kankernavorsing. Hulle het hare gekleur en gesny om geld in te samel vir kanker. Foto (van links): Phillip Vermeulen, Marcelo Dos Santos, Nicolaas le Roux, Jannie Meyer, Jacques Swart, Philip Bower, Kobus Klopper.
News : 13 Mar 2012 175 Viewed By Valerie Cilliers 0
 

 

 
 

By Laerskool Ellisras is ‘n muntlegging ten bate van KANSA gehou, leerders kon hul munte op die woord Kanker '12 plaas. Elke graad het ‘n letter vol munte gepak en R5124 is op die manier ingesamel.
Laerskool Bosveld Primary in Lephalale het hierdie jaar ook hulle bydrae gemaak en die Bossies het tou gestaan om hulle hare te laat kleur. Net so oor die R6 100 is op die dag ingesamel
Nadia Human van Rensburg, eienares van Beautiful Basics, het ten bate van KANSA die Shavethon aangebied waar mense hul hare kon kleur in verskillende kleure, hul hare kon afskeer en ook gekleurde haarverlengings kon insit. Estelle Diedricks van KANSA Mokopane met haar twee verteenwoordigers het ook die dag bygewoon. Links is Louwrens Badenhorst en Renier Horn saam met Nadia Human van Rensburg, Lila du Plesis en Rudi van den Heever.
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube