-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Nadat oud-rassie, Andrea Steenekamp verlede jaar as nuwe lid van die Golden Key International Honour Society aanvaar is, het een van haar mede-rassies van 2009 nou die prestasie herhaal by Noordwes Universiteit, Potchefstroom.
Bea Hurter is tans besig met haar derde jaar in Bsc Omgewingstudies en is pas aangewys as een van die top 15% presteerders van NWU.
Sy word op 30 Mei ingehuldig as ‘n nuwe lid van Golden Key. Haar studieveld is plantkunde/geologie en sy beplan om verder te spesialiseer in grondkunde en hidro-geologie.
Golden Key is ‘n internasionale nie-winsgewende organisasie wat uitnemendheid onder studente erken en nuwe deure vir hulle oopmaak. Die organisasie is geaffilieer met meer as 400 universiteite in agt lande.
Studente word deur die betrokke universiteite geidentifiseer en dan uitgenooi om deel te word van Golden Key.
Ere-lede in Suid-Afrika sluit in Dr Leon Wessels, Dr Michael Mol, Aartsbiskop Desmond Tutu en Regter Edwin Cameron.
0 Comments