<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Afriforum skiet wortel in Potties

 
News : 02 Apr 2012 734 Viewed By Cindy Pretorius 0

MOKOPANE – ‘n Nuwe Afriforum tak is verlede Donderdagaand by die AP Kerk se lapa in Mokopane op die been gebring. Tiaan Esterhuizen, Limpopo organiseerder van Afriforum, het tydens hierdie stigtingsvergadering gesê dat Afriforum dit ten doel het om gemeenskapskwessies aan te spreek en op te los.
Die organisasie streef daarna om die Afrikaanse gemeenskap sy stem terug te gee, het Esterhuizen verduidelik. “Ons [Afriforum] is ‘n Christelike organisasie, nie ‘n politieke organisasie nie, maar is meer as bereid om saam enige groep of organisasie te werk,” het hy bygevoeg.
Om ‘n tak te kan begin is daar ‘n minimum vereiste van 20 lede en by Donderdagaand se vergadering was daar baie meer as 20 inwoners wat opgedaag het om aan te sluit as stigterslede.
Die nuwe tak se eerste taak sal wees om ‘n lys van kwessies wat aandag nodig het in die dorp te identifiseer. Hierdie sake word dan een-vir-een per brief onder die plaaslike munisipaliteit se aandag gebring en daar word gevra vir ‘n aksieplan. Indien die munisipaliteit nie op hierdie briewe reageer nie, word ‘n regsproses van stapel gestuur wat munisipaliteite dan voor die hof tot verantwoording roep.
Inwoners van Mokopane was baie beïndruk met Afriforum, “Afriforum sal groei in ons land en ons dorp,” sê een inwoner.
Inwoners het as Afriforum-lede onder mekaar ‘n komitee gekies wat die gemeenskap sal verteenwoordig in die toekoms. Die komiteelede is Fred Vermaak, voorsitter (082 496 7803), Willie van Staden (072 281 4851), Riaan Louwrens (082 391 6285), Mike Kruger (083 282 0941) en Kas De Meyer (082 802 9943).
Mokopane inwoners wat nog belangstel om aan te sluit kan enige van die lede kontak.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube