<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Diere in Onverwacht vergiftig

 
News : 09 Apr 2012 304 Viewed By Valerie Cilliers 0

LEPHALALE - Verskeie diere is vermoedelik verlede week in Onverwacht vergiftig. Jan Vermaak wat in Springbokstraat woon het aan Noordelike Nuus gesê hy vermoed dat iemand gif oor die muur van sy erf gegooi het om sy honde te vergiftig, maar dat twee van sy katte die gif ingekry het.
Albei katte is Saterdag dood aangetref. In dieselfde straat is nog ‘n kat Sondag dood en Dinsdag is twee honde in Skurwerandstraat dood aangetref.
Volgens Shannon Theobald ‘n veearts by die Mogol dierekliniek was daar twee gevalle hierdie week by die kliniek aangemeld. Sy het aan Noordelike Nuus gesê ‘n dier wat vergiftig is sal lê en in meeste gevalle sal daar skuim of kwyl by die mond wees.
Honde word by die kliniek behandel met teengif en ‘n drip.
Hoewel geen inbrake in die week gerapporteer is nie, bestaan die vermoede dat honde geteiken word om toegang tot huise te vergemaklik veral met die oog op die vakansie.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube