-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE- Met die winter net om die draai het Noordelike Nuus dit goed gedink om met die mense agter Mokopane Noordforum te gaan gesels oor hul werk in die gemeenskap en hoe inwoners kan bydra om te help hierdie winter.
Eulogia de Wet, projek-bestuurder van die Noordforum, sê die sentrum het in 2004 ontstaan deur die samevoeging van kerke se welwillendheidsprojekte.
Die Noordforum werk saam met enige organisasie van die welsyn, Helpende Hand, kerke en skole tot besighede.
“Mokopane Noordforum is ‘n gemeenskapsentrum met die hoofdoel om armoede te verlig en opheffingswerk te doen” verduidelik De Wet. Die sentrum gee weekliks aan die minderbevoorregte inwoners van Mokopane en verkoop klere om hul fondse op te bou, maar deel ook verniet klere uit aan behoeftiges.
Die sentrum het die hulp van die gemeenskap nodig om hierdie winter die minderbevoregte inwoners te help. Gesinne wat deur die Noodforum bygestaan word bestaan uit ses tot agt lede per gesin waar daar huidiglik net een kombers per gesin uitgedeel word.
“Daarom is dit noodsaaklik dat die gemeenskap hierdie winter soveel moontlik komberse skenk,” sê De Wet. “Alle nie-bederfbare kos en blikkieskos kan geskenk word.”
Die Noordforum sit ook gereeld ‘n drom by Pick ‘n Pay waar mense klere, koberse en kos kan skenk vir die sentrum.
Daar is ook ‘n Gholfdag op 26 Mei by die Kameeldoring Gholf Klub ter fondsinsameling. Hierdie projek word geborg deur besighede van Mokopane wat putjies borg. Alle inwoners is meer as welkom om ‘n span in te skryf, daar sal ook pryse uitgedeel word aan die einde van die Gholfdag vir die wenspanne.
Alle besighede van Mokopane is welkom om as borge vir die projek op te tree.
0 Comments