<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

‘n Stukkie Bosveld om teen verslawing te help

 
Angus en Celeste Foote saam met Danie en Surita Steenkamp.
News : 23 Apr 2012 1181 Viewed By Valerie Cilliers 0

Die misbruik van dwelmmiddels is besig om in Suid-Afrika en in die res van die wêreld teen ‘n geweldige tempo onder tieners en professionele persone toe te neem. ‘n Verslag wat vrygestel is deur die Verenigde Nasies se Narkotiese Beheerraad beweer dat daar ‘n styging van 40% in die laaste drie jaar is in die aantal heroïengebruikers.
Suid-Afrika beleef ook ‘n toename in die aantal professionele mense wat begin eksperimenteer met “harde” dwelms soos kokaïen en crack (kokaïen in kristalvorm).
Tussen 70 en 80% van die globale gebruik van Mandrax vind in Suid-Afrika plaas, en die hoeveelheid dagga wat in dié land in omgang is, is die tweede meeste op aarde.
Een van die grootste bekommernisse is dat Suid-Afrika nog steeds gebruik word as ‘n deurgangsroete vir dwelmsmokkelaars van Suid-Amerika na Europa en vir die smokkel van heroïen vanaf Asië na Europa en Noord-Amerika.
Volgens die verslag van die Verenigde Nasies het Afrika-lande ‘n swak beheerstelsel wat nie die onwettige vervaardiging en verspreiding van farmaseutiese produkte kan bekamp nie.
Internasionaal beheerde skedulemiddels word nog steeds oor die toonbank verkoop in sekere Afrika-lande omdat hul wette nie opgedateer of gewysig word nie.
Twee persone wat die groeiende probleem van dwelms baie goed verstaan is Angus en Celeste  Foote. Angus was vir baie jare ‘n dwelmverslaafde, maar kon ses jaar gelede totaal vrykom daarvan. Hy vertel dat hy na vele probeerslae en nadat die meeste mense moed opgegee het met hom, uiteindelik hulp gekry het by ‘n rehabilitasie sentrum in die Karoo.
Hier het hy sy vrou Celeste ontmoet en sedert hulle alby se behandeling, beeiwer hulle hul daarvoor om ander verslaafdes te help om los te kom. 
Angus en Celeste is tans betrokke by die Steenbokpan “Centre of hope” wat op die plaas van Danie en Surita Steenkamp geleë is. Die sentrum is ge-affilieer met “The Guardian project”, ‘n sentrum in die ooste van Pretoria en die program duur ongeveer agt maande.
Dit behels die aanleer van basiese lewensvaardighede en Christelike waardes. Die leering is Chrisuts-gefundeerd en streef daarna om die wortel agter die dwelmprobleem aan te spreek en nie net op die simptome te fokus nie.
Angus, Celeste, Danie en Surita,  het al vier opleiding ontvang om  die Guardian program met die sowat twintig inwoners wat daar tans by die sentrum is, deur te werk.
Angus en Celeste woon op die perseel waar hulle daagliks pasiënte beraad. Surita wat ook berading doen, bied ook pottebakkery klasse aan as deel van die terapie. Danie meen dat die bosveld omgewing ‘n baie positiewe uitwerking op die jongmense het.

 

 

 
 

Hierdie jong manne is almal besig om vir hulle ‘n nuwe lewe – vry van dwelms – hier in die Bosveld te leer uitkerf. Uiteindelik sal hulle almal teruggaan waar hulle vandaan kom, maar hierdie keer gereed vir die uitdagings van die lewe en nie meer as slawe van dwelmmiddels nie.
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube