<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Nuwe regulasies vir renosterjag aangekondig

 
News : 23 Apr 2012 155 Viewed By Valerie Cilliers 0

Nuwe regulasies vir die merk van renosterhorings en trofeejag van renosters is verlede week na finale goedkeuring in die Staatskoerant gepubliseer. Dit volg nadat die regulasies sedert September verlede jaar vir publieke insae en bespreking oopgestel is. Die minister van omgewingsake, Edna Molewa het die week in ‘n verklaring gesê dat verskeie voorstelle wat deur die publiek ingedien is inageneem en geimplimenteer is.
Voortaan moet renosters wat lewendig verkoop of vervoer word van mikroskyfies voorsien word. Hierdie skyfies moet aan die linkerskouer en aan die renosterhoring aangebring word.
Alle renosterhorings, ongeag hoe dit verkry is, moet binne vyf dae van ’n mikroskyfie voorsien word.
Alle horings langer as 5cm moet met permanente ink gemerk word met ‘n reeksnommer, die jaar en gewig van die dier. Hierdie inligting moet gereeld opgedateer en aan die nasionale databasis deurgegee word.
Die eienaar sal die koste van die mikroskyfie dra.
Bloed- en horing-monsters van alle renoster wat verdoof word moet na die DNS-databasis by Onderstepoort gestuur word. Hierdie monsters moet deur ‘n gerigestreerde veearts of ‘n omgewings inspekteur geneem word.
Voornemende jagters wat om jagpermitte aansoek doen, moet kan bewys hulle is lede van ’n jagtersvereniging. Die vereniging moet erken word deur die voornemende jagter se regering as hy ’n buitelander is.
’n CV waarin die jagter se ervaring, veral wat betref die jag van spesies in Afrika aangedui word, moet die aansoek vergesel.
’n Afskrif van die aansoeker se paspoort moet ook by die provinsiale owerheid ingehandig word. As die jagter ’n jagpermit ontvang het, moet ’n behoorlik opgeleide amptenaar van die provinsiale owerheid hom op die jag vergesel.
Ná die jagtog moet die horings en die karkas in die teenwoordigheid van die opgeleide amptenaar na die taksidermis gebring word.
Die taksidermis moet die departement in kennis stel sodra hy die horings ontvang het. Die mikroskyfies-, jag- en vervoerpermitte-nommers en gewig van die dier moet aan die departement verskaf word.
Die publiek word ook gevra om enige inligting wat kan lei tot die arrestasie van renosterstropers aan te meld by
0800 205 005.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube