-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
MOKOPANE - Al hoe meer besighede en individue in Mokopane steek deesdae hand in eie boesem en neem self verantwoordelikheid vir die voorkoms van die dorp.
Vroëer het Noordelike Nuus berig oor besighede wat klippe en plante geskenk het vir die verfraaiïng van die verkeerseiland by die Thabo Mbeki/JG Strydomlaan-aansluiting. Verlede week het Piet Stickers en Hidro Care se mense besluit hulle het genoeg gehand van die verkeerseiland by die Sussexstraat aansluiting en daar ingespring met skoffels en tuinvurke.
Intussen het DA Raadslid Beyers Smit en aktivis Thapelo Mokwele (inlas) weer ‘n draai by die JG Strydom verkeerseiland gemaak om daar skoon te maak en te wys hoe skoon hulle graag die dorp wil sien.
0 Comments