-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Lephalale is verlede Sondag aangewys as een van Limpopo Provinsie se streekfinaliste, saam met Modimolle en Hoedspruit, in Rapport en Kwêla se jaarlikse Dorp van die Jaar-kompetisie.
Mense het nou kans om te stem tot Dinsdag 1 Mei om 12h00. Die wendorp van Limpopo word bekend gemaak op 10 Junie in Rapport en op 13 Junie op Kwêla (Kyknet).
Indien Lephalale as die streekswenner van Limpopo gekies word, word daar ‘n televisieprogram van die dorp en omgewing saamgestel gedurende die laaste week van Mei. Daarna vind die finale stemproses vir die nege streeksfinaliste vanaf 29 Julie tot 7 Augustus plaas en die wendorp word op 8 Augustus bekendgemaak.
Die wendorp wen R1 miljoen se bemarkingswaarde van Kyknet en R1 miljoen se bemarkingswaarde van Rapport.
Indien u dink dat Lephalale die wendorp van die jaar moet wees, sms LEPHALALE na 33157 en hou Noordelike Nuus dop.
0 Comments