-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
LEPHALALE - Wayne Derksen van die Lephalale bouforum is die nuwe voorsitter van die Lephalale sakekamer.
Die sakekamer het verlede Woensdagaand tydens ‘n vergadering by die Palmpark Hotel ‘n nuwe bestuur gekies.
Die bestuurspan bestaan uit Rudolf De Bruyn, Jaco Vorster, Nic Stopforth, Johan Van Zyl, Manape Malebana, Braam Crots, Monique Van Zyl, Gerrie De Jager, en Joseph Mofokeng. Bestuurslede se portefeuljes sal na 22Mei bekendgemaak word.
Tydens die vergaderging het Johan Wepener van Exxaro met besigheidlui gesels oor Exxaro’s se toekomstige projekte in die Waterberge. Hy het ook ‘n voorlegging gedoen oor die besteding van Exxaro en kontrakteurs verbonde aan die myn in die plaaslike mark.
Volgens die verslag het Exxaro tot op hede R245 576 775 plaaslik gespandeer. Kontrakteurs verbonde aan Exxaro het volgens die verslag vanaf Januarie tot Maart 2012 R743 903 693 aan goedere wat deur 135 besighede in Lephalale voorsien is gespandeer. Hierdie syfers is egter deur besigheidslui by die vergadering bevraagteken. Rudolf De Bruyn het Wepener gevra dat die verslag deur ‘n onafhanklike auditeur nagegaan word.
Verdere sake onder bespreking was die moontlikheid om gesamentlike ondernemings daar te stel om sodoende te voldoen aan Exxaro se vereistes in die tender proses.
Derksen het hierdie week aan Noordelike Nuus gesê: “Ons hoofdoel die jaar is om ons dorp se besighede te ondersteun om te help kwalifiseer om besigheid te kan doen met die groot nasionale maatskappye. So sal ons dorp uittebrei. Dit beteken meer besigheid, meer werk en minder armoede.”
0 Comments