<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Mokopane se eie toekomstige “superster”

 
News : 25 May 2012 227 Viewed By Cindy Pretorius 0

Sy is vasbeslote om haar skoolloopbaan in Hoërskool Piet Potgieter se skoolbanke te voltooi en daarna te gaan studeer. Sielkunde, maar sy kan dalk nog van plan verander.
Huidiglik is sy besig met ‘n “Vocal training” kursus by die Kliphard Musiekskool in Polokwane. Baie sal sê sy het nie nog opleiding nodig nie. Mia het al aan ses sangkompetisies deelgeneem en byna elke keer met die louere weggestap. In April 2009 neem sy deel aan Dros se sangkompetisie en wen om deur te dring na die finale rondte in Midrand. In Mei 2009 wen sy ‘n kompetisie aangebied deur Anthonie Bougas en laat haar eerste musiekvideo maak deur Take 2 Productions in Kaapstad. In April 2010 neem sy aan die PPK Gospelkom-petisie deel en kry ‘n eerste plek, 26-28 Augustus 2010 neem sy deel aan die Abrakadabra Kunsfees in Warmbad deel en verower goud is al drie van haar kategorieë. Op 11 Mei 2010 neem sy deel aan die Provinsiale van SA Talentkam-pioenskappe. By die Nasionale rondte in Johannesburg op 26-30 September 2010 ontvang sy vir al vier die genres goue medaljes.
Sy tree gereeld by funksies op en het Vrydagaand die dorp se sakelui tydens die besigheidskamer se jaarlikse dinee vermaak. Vanaand tree sy by Rhapsody’s in Polokwane op, more by ‘n Cansa funksie, ook in Polokwane dan op 30 Junie by die Winterfees in Welkom, op 10 en 11 Augustus by ons eie Kierieklapper kunstefees en dan in Middelburg.
Sy gaan ook ‘n slypskool, aangebied deur Heinz Winckler bywoon om meer oor die tipe lewe van ‘n kunstenaar te leer. Sy hou van Heinz, maar haar gunsteling kunstenaar is Nadine. “Sy is nooit in die media as gevolg van skandes nie en sy is baie passievol oor haar musiek en is net ‘n wonderlike musikant,” borrel Mia. Mens kan sien musiek is haar lewe.
“Ja,” erken sy, sy het seker nie ‘n konvensionele sosiale lewe in terme van 16-jariges nie, maar Mia vertel dat dit haar glad nie pla nie. Sy doen elke naweek presies wat sy graag wil doen. Sing.
Sy het nog nie haar eerste album op die rakke nie maar hoop en vertrou dit sal deur die loop van die jaar gebeur. Haar ma, Mercia, hoop en vertrou saam. As Mia se bestuurder en haar ma is sy baie trots op haar meisiekind. “Dit verg baie uithouvermoë om op 16 ‘n sangloopbaan te hê, maar gelukkig is Mia volwasse genoeg om skool en haar sangloopbaan te balanseer,” sê sy trots.
Ons hou hierdie 'ster' se loopbaan met groot belangstelling dop!

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube