-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
LEPHALALE - Adjudant offisier, Frans Mokoena en konstabel Precious Munyai het verlede Vrydag Lephalale deurkruis om motoriste te waarsku om nie skoot--rekenaars, selfone en kontn ant in motors te los nie.
Volgens Mokoena was daar verlede Woensdag vier gevalle waar goedere uit motors by die Shoprite-sentrum gesteel is. “In al vier gevalle is ‘n afstandbeheer gebruik om die sluitmeganisme van die motor te deaktiveer.
“Ons wil mense bewus maak van die probleem en vra om seker te maak dat hulle motors gesluit is voordat hulle wegstap.”
Mokoena vertel dat daar in die vorige week R100 000 uit ‘n voertuig in dieselfde parkeerterein gesteel is. “Ons doen ‘n beroep op die publiek en besighede om nie kontant te trek en in die motor te los nie.”
0 Comments