<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Lephalale het skoonste water in Limpopo! (Mokopane vaar minder goed)

 
Die trofee vir Top presteerde in Limpopo is aan die Lephalale Munisipaliteit oorhandig. Van links is Tebogo Kubyane (Eskom), Rudani Ngobeli (Lephalale munisipaliteit), Willie Esterhuizen (Exxaro), Lekwalo Marakalalala (munisipali teit), Amos Mabetha (Exxaro), Nakampe Monyepao (munisipaliteit), Stompie Nel (Exxaro).
News : 25 May 2012 698 Viewed By Valerie Cilliers 0

Inwoners van Lephalale kan met 'n geruste hart water uit hul krane drink. Die dorp se water is bo-gemiddeld skoon en spog met ‘n Blou Druppel telling van 92,84%. Hierdie statistiek is onlangs deur die minister van waterwese, Edna Morelwa in die nasionale blou druppel verslag bekend gemaak.
Dié telling beteken dat Lephalale se water die skoonste in Limpopo is en die 29ste plek nasionaal beklee wat waterkwaliteit betref. Die telling word saamgestel deur ‘n audit wat gedoen is op die Zeeland en Matimba waterstelses. Die Zeeland waterstelsel wat deur Exxaro instand gehou word het hierdie jaar vir die eerste keer ‘n gesogte Blou Druppel ontvang met ‘n telling van 95,02%. (Die vereiste vir Blou Druppel status is 95 % of hoër). Die matimba stelsel het 88.34% behaal, 11% meer as verlede jaar se telling van 77%.
Stompie Nel, ingeneursbestuurder van Exxaro in die Waterberg het by ‘n mediakonferensie wat Woensdag by die Munisipaliteit gehou is, gesê Exxaro, Eskom en die munisipaliteit kan met reg trots wees op die spanne wat verantwoordelik is om die dorp se water skoon te hou. “Dit is belangrik dat ons, ons beste doen om te verseker dat inwoners van Lephalale die beste moontlike kwaliteit water tot hulle beskikking het en dit gaan alles oor goeie spanwerk.”
Tebogo Kubyane, chemiese bestuurder by Eskom sê dat die Matimba stelsel eers verlede jaar begin het met die Blou Druppel sisteem. Hy verseker inwoners dat Eskom daarna gaan streef om voort te bou op wat reeds gedoen is en beoog om ook volgende jaar bloudruppelstatus te bereik.
Lekwalo Marakalala, ingeneurstegnikus vir water by die Lephalale munisipaliteit sê die toekenning as top presteerder in Limpopo is ‘n aansporing om volgende jaar selfs beter te presteer. “Om groot munisipaliteite soos Mogalakwena en Capricorn verby te steek is voorwaar iets om op trots te wees.”

Maar kook eerder hierdie water...

Die Mogalakwena munisipaliteit wat Mokopane bedien het hierdie jaar slegter gevaar. Met ‘n Blou Druppel telling van 60,5%, 17% swakker as verlede jaar beklee dié munisipaliteit tans die 98ste plek in die land. Die verslag beskryf die munisipaliteit se bestuur van water as gemiddeld met baie spasie vir verbetering.
Die munisipale bestuurder, William Kekana kon tee druktyd nie bereik word vir kommentaar nie.
Thabazimbi het hierdie jaar ‘n groot verbetering getoon en het ‘n telling van 54,33% behaal teenoor verlede jaar se 14,32%.
Mookgopong het weereens nie baie goed gevaar nie en is 131ste met ‘n telling van 31,73%.
Polokwane het ook hierdie jaar teruggesak en kon slegs 86,52 behaal teenoor verlede jaar se 92,61%.
Bloudruppel-status word sedert 2009 toegeken om munisipaliteite aan te spoor om hulle waterbestuur te verbeter terwyl dit terselfdertyd verbruikers oor die kwaliteit van hulle drinkwater inlig.
Die nasionale resultate het van 72,9% na 87,6% gespring terwyl al nege die provinsies verbeter het op hulle resultate van verlede jaar.
Daar is ? totaal van 931 waterstelsels in 153 van Suid-Afrika se 287 munisipaliteit vir die verslag ondersoek.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube