-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Die Spoegkobra slagoffertjie, Mikayla Robbertse, se handjie is ook hierdie week geopereer. Sy sterk goed aan. Volgens haar voog, Charmain Robbertse, het sy aanvanklik sleg op die narkose gereageer maar dit gaan nou baie beter.
Dokters het Dinsdag 'n spiertjie uit haar pols gesny en oorgeplant op die middelvingertjie en lidbeentjie. Die vingertjie is vir eers aan die ringvinger vasgewerk sodat sy kan leer om die vingertjie te gebruik en die spiertjie sterk te maak, skryf Charmain op Facebook.
"Kayla, een van vele van God se spesiale 'favourites', is weereens 'n bewys van die krag van gebed," vertel Charmain. "Sy het teen Woensdag die hospitaal oorgeneem net skool-skool met die ander kinders en verpleegpersoneel gespeel."
"Terwyl ons nog in die hospitaal sit kry ons 'n oproep om by die venster te gaan uitkyk - daar vlieg 'n vliegtuigie met 'n groot banier wat lees 'we love you, Kayla' verby!
Charmain het weereens almal wat hul bygestaan het bedank.
0 Comments