-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
LEPHALALE - Met die 'Friends of the Neighbourhood'- gemeenskapsprojek se eerste vergadering het 54 inwoners van ‘n woonbuurt wat grootliks uit GMEP en Exxaro huise bestaan opgedaag om te hoor hoe hulle kan help om hulle woonbuurt te verbeter.
Vir Ute Martin en Elena de Villiers wat die projek geïnisieer het was dit wonderlik om te sien hoe mense betrokke wou raak. “Ons het dadelik beplan om ‘n speelparkie vir kinders op te rig en verskeie inwoners het bygedra om apparate te swys, te verf en om gras te plant. Ons wil veral vir Nick Brits en Jannie van der Walt dankie sê vir hul harde werk in dié verband,” vertel Ute.
Elena vertel dat daar ook besluit is om droë tuine op die sypaadjies te vestig om sodoende die omgewing mooi te laat vertoon. “Ons beoog ook om ‘n herwinningsprojek te begin om bottles en blikkies in te samel en daardeur verdere projekte te befonds.
Hulle hoop om binnekort ‘n heining om die parkie op te rig en wil graag ander woonbuurte in Lephalale uitdaag om op dieselfde wyse die dorp te verbeter.
0 Comments