<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Kunstenaars bekoor by Bosveldfees

 
Derick Hougaard & Karlien van Jaarsveld
News : 12 Jul 2012 476 Viewed By Valerie Cilliers 0

LEPHALALE - Vir die eerste maal in die geskiedenis van die Bosveldfees het ‘n teaterproduksie deel uitgemaak van die vermaak wat aan feesgangers gebied is.
Lizz Meiring (sien foto onder) het haar gehoor laat skaterlag met komiese sketse en almal is dit eens dat teater moet bly. Voorsitter van die Bosveldfees, Marie Seegers het hierdie week aan Noordelike Nuus gesê hulle sal definitief volgende jaar weer so maak.
Robbie Wessels (foto regs) het ná sy vertoning Donderdagaand aan Noordelike Nuus gesê, hy wil verseker Bosveld toe trek. “Ek dink ek sal ‘n liedjie kan skryf oor Lephalale ek sal beslis meer hier ‘n draai kom maak. Die mense is great!”
Karlien van Jaarsveld en haar verloofde, Derick Hougaard, het verlede Donderdagaand ook ‘n draai by die fees kom maak. Ten spyte van probleme met haar stem en sprake dat sy dalk ‘n operasie sal moet ondergaan het Karlien tydens haar vertoning die gehoor bekoor met liedjies soos Sweet Dreams Baby en Jakkels Trou met Wolf se Vrou. Uit die gehoor het iemand gevra waar is Derick waarop sy geantwoord het. “Hy skop balle hier agter die tent”. Dit is Karlien en Derick se tweede besoek aan Lephalale en albei sê hulle voel tuis hier waar die Blou Bulle koning kraai.

 

 

 
 

Lizz Meiring
Robbie Wessels
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube