-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Tydens KANSA se Nasionale Kankerweek (31 Julie tot 5 Augustus 2012), onderstreep die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) die sorg en ondersteuning wat hulle aan kankeroorwinnaars gebied het vir die afgelope 80 jaar en wat hulle sinoniem met ‘Hoop en Versorging’ gemaak het.
“KANSA wil kankeroorwinnaars aanmoedig om voluit te lewe en hulself as oorwinnaars te sien vanaf die dag van diagnose,” sê KANSA se HUB en self ‘n kankeroorwinnaar vir 29 jaar, Sue Janse van Rensburg.
Die hooffokus van KANSA se Sorgsentra (http://goo.gl/NIJio) en Sorgklinieke is om omvattende sorg en ondersteuning aan oorwinnaars te verskaf en sluit in voorkoming, vroeë opsporing en ondersteuningsprogramme aan kankeroorwinnaars, versorgers en hul geliefdes regoor die land. By KANSA is personeellede en vrywilligers meer as net nommers – hulle is betrokke by die daaglikse behoeftes en spanning wat mense wat deur kanker geraak is, beleef.
Al KANSA se versorgingsprogramme word so gestruktureer dat dit die hoogs noodsaaklike en praktiese oplossings bied vir algemene probleme wat mense wat gediagnoseer is, in die gesig staar. KANSA se Sorgtuistes huisves buite-stedelike pasiënte wat behandeling ondergaan en reël gratis vervoer na en van die behandelingsentra en voorsien ook gesonde maaltye. Individuele berading en ondersteuningsgroepe help pasiënte om die emosionele trauma te hanteer en deur spesialisversorging en die voorsiening van mediese toerusting word die pasiënte voorsien in hulle behoeftes om fisies die mas op te kom.
Spesialis sorg wat aangebied word by sommige van ons KANSA Sorgsentra behels die behandeling van komplikasies as gevolg van die kankerbehandeling - spesifiek limfedeem, stoma en behandeling van akute en chroniese moeilik om te genees wonde. Ons bied raad en basiese wondsorg, voor-en na-operatiewe berading en bepaal vooraf die optimale stoma ligging. Ons spesiaal opgeleide terapeute gebruik Volledige Ledigingsterapie (VLT) om limfedeemsimptome by kankerpasiënte te verlig. VLT-behandeling sluit in limfdreinering, drukverbande, spesiale oefeninge en vel- en naelversorging. KANSA leen ook mediese hulptoerusting aan pasiënte om toe te sien dat hulle als het wat hulle benodig om hul diagnose beter te hanteer.
As deel van die Internasionale Kankeroorwinnaarsdag in Junie, het KANSA oorwinnaars en versorgers genooi om hulle merk te maak deur ’n inspirerende boodskap van hoop op stukke materiaal te skryf, wat aanmekaar gewerk sal word om te dien as duvetoortreksels, tafeldoeke, gordyne en voorskote vir gebruik in KANSA Sorgsentra en –tuistes. Dit sal tydens die Kankerweek bekend gestel word. Die baie suksesvolle dag was op 9 Junie op Modimolle gehou. Alle ander Kankeroorwinnaars in die streek ontvang op die onderskeie Relay for Life geleenthede, 7 September op Bela-Bela, 14 September om Lephalale en 12 Oktober op Mokopane, spesiale erkenning.
Die nuwe hersiene KankerSorg Hanteringsgids (twee klank CDs) sal ook vir oorwinnaars geloods word. ”Ons weet hoe vreesaanjaend en spanningsvol ’n kankerdiagnose kan wees – en dis hoekom ons KankerSorg Hanteringsgids so ondersteunend is vir enigiemand wat onlangs met kanker gediagnoseer is,” verduidelik Janse van Rensburg. "Dit voorsien inligting en praktiese aanwendings en wenke om toereikende fisiese, emosionele en geestelike welsyn te bevorder, alvorens en tydens behandeling – kortliks help dit vir jou en jou geliefdes om kanker beter te kan hanteer.”
’n Omvattende en bekostigbare versekeringspolis, CancerSure, is ’n KANSA voordeel wat saamgestel is om diegene wat deur kanker geraak is, by te staan.
Vir inligting skakel Wilna van den Heever, gemeenskapsmobiliseerder oor gesondheidsaangeleenthede by 082 493 1884 of Lucinda Viljoen, Gemeenskapsmobiliseerder vir fondsinsameling, 082 926 8077 of 014 717 4741 of skakel KANSA tolvry 0800 22 66 22.
0 Comments