-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Dít was die boodkap van Gerhard Papenfus van NEASA (National Employers Asoociation of South Africa) aan sakelui tydens Mokopane Besigheidskamer se maandelikse ledevergadering verlede Donderdag.
Papenfus het baie klem daarop gelê dat Suid-Afrikaners lief is om te kla oor wat fout is, maar dat meeste mense geneig is om te wag dat iemand anders hul probleme oplos. In baie gevalle blameer hulle eenvoudig iemand anders vir wat fout is, en laat dit dan daar.
Hy meen egter dat elke Suid-Afrikaner dit op homself moet neem om iets omtrend sy omstandighede te doen, of dit nou onregverdige arbeidswetgewing is of swak dienslewering.
“As die munisipaliteit nie die papiere en leë koeldrankblikke op jou sypaadjie optel nie, tel jý dit op. Om te sit en kla, gaan nie jou probleem oplos nie.”
Papenfus het verduidelik dat dit is hoe die voormalige burgemeester van New York, Rudi Giuliani, die stad se probleme begin aanspreek het. Hy het die klein dingetjies reggemaak.
“As kinders verby ‘n gebou loop waarvan die halfte van die vensters stukkend is, is dit waarskynlik dat hulle die oorblywende heel vensters gaan probeer stukkend gooi. Maar as al die vensters heel is, gaan niemand sommer sonder rede klippe na daardie gebou gooi nie. Dieselfde met jou sypaadjie.”
Papenfus het sakelui en inwoners van Mokopane aangespoor om die dinge wat hulle in besighede frustreer – veral met betrekking tot arbeidsake – met kaal hande aan te pak en daarteen te baklei.
“Skryf briewe, vra vrae, dring aan op antwoorde en skakel in by drukgroepe as dit nodig is, maar as jy nie bereid is om te baklei vir ‘n beter Suid-Afrika nie, moet jy eerder jou goed pak en Perth toe trek,” het hy gesê.
0 Comments