-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Saterdag 28 Julie het die krieket seisoen in dawerende akkoorde begin vir Ellisras Hoërskool se 0/15’s wat op Warmbad teen die Warries meegeding het.
Hulle slaag daarin om met agt lopies te seëvier. Warries wat eerste gekolf het, is katwink geboul deur onder andere Johan Pitout wat drie paaltjies vat van 18 lopies, Divan van Wyk drie paaltjies en Cliffie Els twee paaltjies. Hulle word uithaal vir 91 lopies en dit het nie lank geneem vir die Rassies om dit te ewenaar nie. Cliffie en Rinaldo Goncalves het onderskeidelik 22 en 13 nie uit nie. Hulle afrigter, Naas Reynecke, is opgewonde oor ‘n belowende seisoen. EHS se eerste krieketspan verloor teen Warries met Leon Haasbroek (beste kolwer 49 lopies) en Ignus le Roux (beste bouler).
0 Comments