<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Kranskop kry ‘n kruis

 
Groepie leerlinge van Ellisras Hoërskool het die afgelope naweek saam met meer as 300 hoërskoolkinders, ouers en jeugwerkers ‘n jeugsaamtrek by Kranskop net buite Modimolle bygewoon.
News : 03 Aug 2012 224 Viewed By Jasper Raats 0

MODIMOLLE - ‘n Groepie leerlinge van Ellisras Hoërskool het die afgelope naweek saam met meer as 300 hoërskoolkinders, ouers en jeugwerkers ‘n jeugsaamtrek by Kranskop net buite Modimolle bygewoon. Gateway Youth Foundation, wat skole bystaan om kinders te lei in Christelike waardes het die saamtrek gereël en sprekers soos oud-minister Adriaan Vlok, Dr. Bennie Mostert en Justus Thokane het die kinders gemotiveer om sterk te staan in die geloof. Die hooftema van die naweek was om aan God die eer te gee en om ‘n dissipelmaker te wees daar waar jy is. Leerders het die geleentheid gekry om ’n kruis teen Kranskop te plant waar dit vanaf die N1 sigbaar is. Elkeen het ook ’n wit klip met ‘n Bybelvers daarop teen die berg uitgedra om aan die voet van die kruis neer te sit. Die jeuggroep Muurprop van Polokwane en Retief Burger met sy Luidkeels groep het die jongmense bedien.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube