<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Seuntjie (2) verdrink

 
News : 10 Aug 2012 323 Viewed By Jasper Raats 0

MOKOPANE - Inwoners van die dorp het hierdie week hul harte oopgemaak nadat die Du Toit gesin se seuntjie Egan (2), Maandagmiddag in hulle swembad verdrink het. Maar weldoeners vra dat die dorp sy hand oop hou vir hierdie gesin.
Leon (30) en Lomie (25) het skaars ‘n week gelede by die huis in Springbokstraat, waar die tragedie getref het ingetrek. Toe die Valke Buurtwag Maandagmiddag ‘n oproep kry om te gaan help , het die volle hartseer van die verhaal ontvou.
Leon het onlangs sy werk verloor en het ‘n tydelike betrekking, maar soos dit is, was die toekoms maar onseker vir hom en Lomie, en hulle twee seuntjies van twee en vier.
“Behalwe vir die emosionele skok vir hierdie gesin wat reeds onder erge beproewing gebuk gaan, sal dit vir hulle onmoontlik wees om die kostes verbonde aan ‘n begrafnis te dra,” het Hannes van Wyk van die Valke Buurtwag Dinsdag gesê.
Van Wyk was self Maandag kort na die voorval op die toneel.
“Hierdie mense het hulp nodig. Dit was Maandag duidelik dat hulle finansiëel swaarkry,” het hy gesê.
‘n Selfoon-kettingboodskap het gesorg dat daar Dinsdagoggend kos uit alle oorde by die huis afgelewer is en Avbob begrafnisdienste in Mokopane het aangebied om die begrafnis sonder enige kostes aan die gesin waar te neem.
“Ons wil ook fondse insamel waardeur ons die Tu Toits ook finansiëel wil bystaan,” het Theo Louw van die Valke gesê.
Hy het spesifiek genoem dat die Buurtwag sal poog om minstens die Du Toits se huur te betaal uit skenkings tot die gesin weer op hul voete is.
Lede van die publiek wat kontantskenkings wil maak kan in die Mokopane Noodforum se rekening inbetaal, maar moet asseblief seker maak hulle gebruik Egan du Toit as verwysing op die inbetaling. Die bankbesonderhede is: Mokopane Need Forum, ABSA Tjek rekening, Rekening nommer: 4063 7052 35, Verwysing: Egan du Toit.
Mense wat op enige ander manier wil help of bydra kan met Theo Louw skakel by 082 806 5882, Marcelle Maritz van die DA by: 073 913 5180 of Hannes van Wyk by 083 626 6380.
Leon is handvaardig en lief vir houtwerk. Enigiemand wat hom kan help met permanente werk kan een van hierdie bogenoemde persone kontak.
Egan word Vrydag 11h00 uit die Hervormde Kerk in Dudu Madisha straat begrawe.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube