<-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
 
 

Mooistes gekroon

 
Wenners van die 4-7 jaar kategorie is: derde plek - Marelieke Ferreira, wenner - Kayla Koen, tweede plek - Zwomaka Sikhwivhilu en agter is Little Miss Nations - Franca Pretorius. Nog foto’s van al die wenners binne.
News : 24 Aug 2012 335 Viewed 0

MOKOPANE - Mej. Crossing 2012 is Saterdag by die Crossing- winkelsentrum gekroon. Pryse van oor die R7 000 was op die spel en die modelle moes deurgans ‘n hoë standaard handhaaf.
Modelle van sover as Mookgophong, Tzaneen, Polokwane en Lephalale het aan die kompetisie kom deelneem. Die lug is gevul met moderne musiek verskaf deur DJ McNelly wat dit vir die modelle moontlik gemaak het om hul styl te wys op die loopplank!
Die hoof-katagorie, 15-19 jaar wenner, sal deur haar titeljaar geleenthede bywoon van Die Crossing Sentrum. Haar kleredrag word geborg deur “Annemi Design” van Polokwane. 
Little Miss Nations – Suid-Afrika se Franca Pretorius het die modelle met inspirerende woorde toegespreek. Ashlee Hammond wat die die amptelike lied vir die “Children Cancer Trust” geskryf en gekomponeer het het as gaskunstenaar opgetree. Haar spesiale lied word ook vrygestel op 1 September 2012 op Radio Jakaranda aangesien September Kinder Kanker Maand is.
Die organiseerders bedank die volgende borge:
The Crossing Mall, Funky Photo Studio, Superior Models Polokwane, DJ McNelly, Ashlee Hammond, Woolworths, Bosman Juweliers, Josa Bloemiste, Checkers, Savuti, Lita’s Nails, Tina Cowley Lees Sentrum Mokopane, Gapps Golf Akademie en Game.

 

 

 
 

 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 
 
 

Facebook Twitter Youtube