-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
SWARTWATER - Groot opwinding het geheers op Swartwater Saterdag 25 Augustus 2012 toe 14 vliegtuie die Jetlag Fees besoek het. Die fees wat aangebied is deur Aquanoir Bos Pub was ‘n heerlike kuierdag vir oud en jonk. Daar was helikopterritte en mense kon ook saam Louis John Botha vlieg in sy Sting TL 2000 vliegtuig en die Limpopo Rivier vallei rondom Swartwater uit die lug beskou.
Dit is die tweede jaar wat Aquanoir die fees aanbied en hulle sê hulle beplan dit weer vir volgende jaar. Hulle doel is om ‘n lekker kuierdag te hou vir almal wat van vliegtuie hou.
Die omgewing se eie kunstenaar Thys Steyberg het gaste vermaak saam met Henk Grimsell en Jorine Rich. Regs: Frikkie Versfeld, Nelis
Swanepoel, Pieter Grobler en Barry Viljoen van Makro Polokwane.
0 Comments