-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
In 1991 was hy en sy tweeling sussie, Wilna, hoofseun en hoofmeisie van Laerskool Krugerpark terwyl hul ouboet, Theo, hoofseun van Hoërskool Piet Potgieter was.
In sy matriekjaar in 1996 was Marius Papenfus weer hoofseun en vier jaar later verteenwoordig hy vir sy eerste keer Suid-Afrika by die Paralimpiese spele in Sydney, Australië, as lid van die nasionale rolstoel basketbalspan.
In 2008 was het hy die span gelei as kaptein tydens die Spele in Beijing, Sjina. En gister het hy en sy spanmaats hul eerste wedstryd teen Australië gespeel in die 2012 Spele in London. Die Suid-Afrikaners speel dan op 1 September teen Spanje, 2 September teen die VSA, 3 September teen Italië en 4 September teen Turkeie.
Marius sê dit is hierdie jaar, soos in vorige jare, ‘n groot prestasie vir die SA span om daar te wees. “Net 12 lande het gekwalifiseer vir die spele. Ons het beslis nie medalje aspirasies nie! Ons is die enigste amateur span wat kon kwalifiseer, al die ander lande is profesioneel."
... van bladsy 1
"Ek dink as ons onder die top 10 kan eindig, sal ons baie goed gedoen het. In Beijing was ons 9de - die beste wat enige amateurspan nog gedoen het op enige spele.”
Ná hul puik prestasie in Beijing het Marius uitgetree nadat hy vier jaar as Kaptein gedien het. “Ek het gedink dis tyd vir ‘n nuwe kaptein om oor te neem en wou die laaste paar jaar van my loopbaan net konsentreer om te speel en dit te geniet, sonder die ekstra verantwoordelikheid van kapteinskap.”
Marius sê ook dat hierdie beslis sy laaste Spele sal wees. “Ek tree uit as nasionale speler na die Spele. Ek sal nog op klub vlak speel, maar baie minder ernstig as nou. Dit sal ek nog doen vir solank as wat ek kan.” Omdat rolstoel basketbal nie ‘n professionele sport in Suid-Afrika is nie, het Marius en meeste van sy spanmaats gewone ‘day jobs’ en beoefen hulle hul sport na ure en oor naweke. Bedags werk hy by die Menslike Hulpbronnelyn in Pretoria.
Hy kom kuier nog gereeld vir sy ma, Christine in Potties. Sy het onlangs afgetree ná byna ‘n leeftyd as ontvangsdame by Hoërskool Piet Potgieter. Van sy ou skoolmaats woon ook nog in die dorp.
“My familie en vriende is nog altyd ‘n inspirasie. Ek ag myself baie bevoorreg en gelukkig.Daar is baie mense wat soveel slegter daaraan toe is as ek en wat nog steeds ‘n sukses maak van hul lewe. Sulke mense is my grootste inspirasie.”
Marius het op die aand van sy matriekafskeid ‘n rugbesering in ‘n motorongeluk opgedoen en die gebruik van sy bene verloor. Getrou aan die wennersgees waarvoor hy en sy familie bekend is het hy byna oornag van ‘n puik rugbyspeler oorgeskakel na ‘n nasionale held op die basketbalbaan.
Hy het Suid-Afrika al in etlike internasionale kompetisies verteenwoordig en in meer lande voet aan wal gesit as wat baie supermodelle in hul leeftyd doen.
“Australië is een van my gunsteling plekke, omdat dit so baie soos SA is. Spanje en Italië is ook lekker plekke, hou van die kultuur, die kos en die besienswaardighede. Van die ander interessante, minder bekende plekke waar ek was is Bosnië, Algerië en Kroasië.
Oor London sê hy die Paralimpiesie atletedorp is baie indrukwekkend. “Die fasiliteite uitstekend en die pommies baie vriendelik. Ek dink dit gaan ‘n baie goeie spele wees!”
0 Comments