-- Twitter Summary card images must be at least 120x120px -->
Uit omtrent 200 hengelaars wat reeds Vrydagaand om die dam begin stelling inneem het vir die Hervormde gemeente (Ebenhaeser) se jaarlikse hengelkompetisie by Mokolo dam, is dit toe ‘n dame wat die manne op hul neuse laat kyk.
Sommer vroeg-vroeg Saterdagoggend het die eerste swartbaars al aan die hoek beland, maar die bloukurpers wou glad nie die dag byt nie. Regdeur die dag het die deelnemers hul visse gebring om ingeweeg te word. Daar kan so terloops genoem word dat byna al die visse weer lewendig ter water gelaat is na hul geweeg is.
Teen 16:00 die middag het die kompetisie ten einde geloop en tydens die prysuitdeling was die manne baie verbaas om te hoor dat ? dame hulle ore aangesit het deur die swaarste swartbaars te vang. Lorraine Naude is sommer die bobaas hengelaar en het die eerste prys van R10 000 kontant gewen vir haar prestasie.
Die tweede en derde pryse was ook nie te versmaai nie en dan was daar nog ‘n horde troospryse wat gewen is in ‘n gelukstrekking.
Die reëlingskomitee van die hengelkompetisie wil weereens die borge bedank vir die pryse wat geborg was asook ander bydraes wat gemaak is om van die dag ‘n sukses te maak. Sonder die borge sou dit nie moontlik gewees het nie.
0 Comments